Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



SARL-NUUS - SONDAG 16 APRIL 2011

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.

In die nuus vandag:

SARL AJV-VERSLAG

SARL SE GALADINEE EN-TOEKENNINGS

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

SARL AJV-VERSLAG

Die SARL se Algemene Jaarvergadering is gister by die Vaal Universiteit van Tegnologie in Sasolburg gehou en is deur 60 lede, met 284 volmagte, bygewoon. Die jaarverslag en finansiële verslag is soos gepubliseer aanvaar. Rassie Erasmus, ZS1YT, het die begroting verduidelik sowel as die begrote uitgawes vir die 201 IARU se konferensie later vanjaar. John Willescroft, ZS6EF, het die beplande kursusse verduidelik sowel as die verwagte inkomste daaruit te verkry. Die begroting is eenparig aanvaar.

Hierna is die mosies bespreek.

Die geldigheid van Mosie 1 was bevraagteken. Die voorsitter het verduidelik dat die mosie voor die sluitingsdatum ontvang is en deur die voorsteller en sekondant onderteken is. Richard, ZS1UK, het ’n amendement voorgestel. Daar is daaroor gestem en met 254 stemme teenoor 13 teenstemme aanvaar. Die amendement beteken dat raadslede vir ’n twee jaar termyn sal dien en dat die helfte van hulle jaarliks sal aftree.

Mosie 2, wat vereis dat die forum slegs vir lede beskikbaar is, is eenparig aanvaar. ’n Amendement dat daar twee forums sal wees, een vir lede en een vir nie-lede is met 254 teen 4 stemme verwerp.

Die vergadering is verdaag ten einde ’n aanbieding deur Tony Voorveld, ZS6CCD, by te woon. Die vergadering het om 12:45 weer ’n aanvang geneem. Onder Algemeen het verskeie lede vrae aangaande die regulasies en die HAREC-sertifikaat gevra.

Die vergadering het om 13:40 verdaag.

’n Kort Raadsvergadering is gehou. Dennis Green, ZS4BS, is as President en Mark Zank, ZS6YES, as Visepresident verkies. Ander portfolios sal tydens die eerste Raadsvergadering toegeken word. Die volgende Raadslede is as verkose verklaar aangesien slegs 15 nominasies ontvang is en een nominasie teruggetrek is. Die ander Raadslede vir 2011/2012 is dus as volg:
Henry Chamberlain, ZS1AAZ
Hans van den Groenendaal, ZS6AKV
Fred Scheepers, ZS1FCS
Mark Zank, ZS6YES
Laurie Devereux, ZS5DL
Francois Botha, ZS6BUU
Gerhard Coetzee, ZS3TG
John Willescroft, ZS6EF
Frik Wolff, ZS6FZ
Riaan Greeff, ZS4PR
Willem Weideman, ZS6WWJ.
Geoff Levey, ZS6GRL.

Veels geluk aan u almal, wees verseker van ons getroue ondersteuning vir die nuwe dienstermyn.

‘n Mosie van dank vir die reëlings vir die Nasionale Konvensie deur die Vaal en Sasolburg Amateurradioklubs is voorgestel en eenparig aanvaar.

SARL SE GALADINEE EN-TOEKENNINGS

Dit is opgemerk dat die name van ’n vorige President van die SARL, Chris Turner, toe ZS6GM ,en Gerald Klatzko, ZS6BTD, wat ek meen die oudste lewenslange erelid van die SARL is, iewers op dokumentasie van die AJV verskyn. Ons aanvaar dat hulle die galadinee bygewoon het en dat hulle gisteraand iets toepaslik tydens die dinee aan die dineegangers te sê gehad het. Baie goeie wense aan hulle.

Die dinee is onderbreek deur die oorhandiging van die SARL-toekennings wat deur ZS6P, Tjerk Lammers, die toekenningsbestuurder van die SARL, gedoen is.

Dit dien daarop gelet te word dat die Lewenslange Erelidmaatskap- en Jack Twine Verdienstelikheidstoekennings net eenmalig aan ’n persoon toegeken kan word aangesien dit gaan oor verdienstelike werk oor ’n tydperk aan die SARL gelewer. Al die ander toekennings is vir prestasies deur individue gedurende afgelope finansiële jaar. Die toekennings is:

Lewenslange Erelidmaatskap.
Dave Perry. ZS1SG.

Jack Twine Verdienstelikheidstoekenning.
Petrus Coetzee, ZR1DE
Terry Cotton, ZS1AYJ
SK White, ZS1BSD
Graham Butler, ZS1GVB
Klaus Knopf, ZS1QO
Ivan Newman, ZS2ILN
Ronnie Verhoeven, ZS4RY
Chris Burger, ZS6EZ
Dirk du Plessis, ZS1DDP
Fred Scheepers, ZS1FCS
Andries Visagie, ZS6VL
Frik Wolf, ZS6FZ
Riaan Greeff, ZS4PR
Joop Hesp, ZS6C
Deon Heydenrych, ZS1G.

President se toekenning.
Graham Griggs, ZS2ABK.

Icom Uitmuntendheidstoekenning.
Hannes Coetzee ZS6BZP.

Arthur Hemsley 2 metertrofee.
Peter Tottle, ZS2ABF.

Barney Joel Trofee.
Rassie Erasmus, ZS1YT.

Joseph White Skild.
Willem Badenhorst, ZS6WAB
Pine Pienaar, ZS6OB

Bert Buckley 6 meter trofee.
Andre Botes, ZS2ACP.

Radio ZS Skild.
John Green, ZS1JHG

J J Pienaar Trofee.
John Willescroft, ZS6EF

Gary Immelman RA Heritage Award Floating Trophy.
Vidi la Grange, ZS1EL.

Arland Ussher Goue Pen.
Guido Costa, ZS1UHF
Warren Reilly, ZS4W
Renier Siebrits, ZS1MIR.

Stil Sleutel Herdenkingstrofee, ESB.
Jan Botha, ZS4JAN.

Stil Sleutel Herdenkingstrofee, GG.
Wes-Rand ARK, ZS6WR.

Joseph White Trofee.
Jan Botha, ZS4JAN

Fred Mills Trofee.
Thian de Jager, ZS2Y
Marius Preston, ZS2MP.

Anon Trofee.
Bruce Dunn, ZS5XT.

HOS-trog.
Wes-Rand ARK, ZS6WR.

Die Klub- of Takdeelnametoekenning.
Wes-Rand ARK, ZS6WR.

Die “Ray Webber, ZS6RSW” BHF/UHF Trofee.
Magalies Radioamateurklub, ZS6MRK.

Die SARL 80 m Klubkompetisietrofee.
Wes-Rand ARK, ZS6WR.

Hamnet.
Chris Gryffenberg, ZS6COG.

Van harte geluk aan die ontvangers.

KLUBNUUS

Die volgende snuffelmark van die Wes-Rand Amateurradioklub sal plaasvind 0mm 12:00 op Saterdag 30 April by hulle klubhuis te Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Elkeen is welkom. Vir meer inligting, kontak vir Phillip, ZS6PVT, by 083 267 3835.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat sonaktiwiteit steeds op matige vlakke is. Sonvlek 1 190 en nuwe Sonvlek 1 193 is tans baie aktief en veroorsaak verskeie C-klas fakkels. Die sonvloed toon 'n goeie opwaartse neiging danksy die verhoogde sonvlekaktiwiteit. Die effektiewe sonvlektelling sal vandeesweek na verwagting ongeveer 75 wees.

15 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 20 m. Met die verhoogde sonaktiwiteit sal 10 m eerste oopmaak met die laer bande wat later gedurende die dag sal volg. Smiddae en tot na die son gesak het gaan die toestande na Indië goed wees. Smiddae gaan toestande eers op 15 m en dan later op 20 m na Europa toe goed wees. Kontakte met Australië is met sonsopkoms op 15 m en na sonsondergang op 20 m moontlik. Kontakte met die VSA is gedurende die aand moontlik. 15- en 20 m-openinge na Brasilië en Suid-Amerika is smiddae moontlik. Met die goeie 15 en 20 m-openinge gaan 17 m en 12 m ook vol verrassings wees.

30 m kan vir die digitale en gelykgolfentoesiaste baie lonend wees met openinge na verskeie dele van die wêreld.

Plaaslik is 40 m die beste keuse met 20 en 30 m wat goeie kontakte oor die langer afstande kan oplewer. 80 m is op sy beste vroeg soggens en laat smiddae en ook oor korter afstande.

Saans is 80 m die beste keuse.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

30 April – Wes-Rand Amateurradioklub se snuffelmark vanaf 12:00 SAT.
7 Mei – RTA in Kaapstad.
18 Junie – Programmeringskursus in Windows in Gauteng, bespreek by www.sarl.org.za.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 750 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 18:30 SAT op 3 230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

Dankie dat u saamgeluister het, 73.

/EX


======================= Message Ends =======================
To edit or remove your entry from this mailing list go to www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003